
=====================================================================
Dit kook en prut in die taalpot (AV 6:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Dit kook en prut in die taalpot

ENIGEEN wat die kunsmark van Bloemfontein ken, weet dat Afrikaans saam met die klanke van sissende braaivleis en gillende kleingoed meng om 
'n gemoedelike kleindorpatmosfeer te skep. Maar dis net buite die hekke wat die binnenste domein van die kunsmark afbaken, waar ek 'n soort 
Afrikaans hoor wat my tekkies net daar in die stof laat stol.

Aan my linkeroor se kant s 'n manstem: "Een doppie is genoeg vir 'n koppie." Ek dink nog so dat Afrikaans in sy ryme en ritme darem 'n 
mi taal is, toe vang my regteroor 'n ander gesprek op. Eers vra 'n man uit oor hoe lank 'n produk se rakwaarde is na die oopmaakslag en 
toe kom 'n raakvat beskrywing: "Meneer, as jy dit eers oopgemaak het, moet dit daarna liefs in die yskas slaap. Anders word die sous 
ongelukkig in die bottel."

Ek loop die stalletjie in om die dame te komplimenteer met haar uitdrukkingsvolle Afrikaans, maar sy buk klaar weg en verduidelik aan haar 
kind dat "uier" eintlik baie maklik van "eier" onderskei kan word. Onder die "u" van die woord "uier" teken sy vier spene. Daarna is daar 
weer gretige kopers wat hul voorrade kom aanvul.

Intussen kyk ek die gebottelde produkte deur, wat onder die naam De Oude Keuken vervaardig is. Die Afrikaanse etikette op die bottels laat 
my opnuut besef dat entrepreneurs Afrikaans op 'n besondere manier kan laat leef. Die Afrikaans op di bottels laat die taal skoon 
ritteltit. 'n Bottel met 'n gelerige sous en heel peperkorrels heet "Korrelkop" en word beskryf as 'n "parmantige pepersous". 
"Asemverfrisser" verwys na 'n knoffelsous, en 'n rissiesous word kort en kragtig "Sjoe!" genoem, terwyl die warmer boetie "Duiwelsdruppels" 
gedoop is.

Sy verduidelik dat haar produkte geen geur- en kleurmiddels bevat nie, en selfs die appelliefies in haar konfyte kweek sy eiehands en 
organies in haar Vrystaatse tuin. In haar huiskombuis het sy begin om slaphakskeentjies en 'n verskeidenheid konfyte te bottel. Van die 
eerste oomblikke af wat sy aan bemarking gedink het, het sy besluit dat alles in Afrikaans sal geskied. Sy het selfs op die Internet 'n 
kompetisie uitgeskryf om gepaste Afrikaanse name vir haar produkte te kry.

Haar inspirasie ten opsigte van name vir die produkte kom uit woordeboeke, terwyl ou Afrikaanse familieresepteboeke die oorsprong van haar 
bottels vol lekkerte is. Terwyl "Tant Hessie se bessies", agurkie- en kweperkonfyt en die waatlemoenstukke met my speekselkliere op loop 
sit, verduidelik Mandie dat sy baie lief vir verskillende tale is. Sy kan selfs Grieks praat.

Vir my staan n ding egter soos 'n paal bo water: Maak nie saak hoe lief sy vir tale is nie, in haar hart het Afrikaans 'n ereplek. Met 
mense soos Mandie kan Suid-Afrika nie anders as om van Afrikaans op 'n heerlike en positiewe manier kennis te neem nie.

Mandie is altyd op soek na tradisionele resepte en na lekker idees en veral opwindende Afrikaanse name vir haar gebottelde produkte. Ek 
probeer haar oorreed om 'n resepteboek saam te stel. Miskien kan die lesers solank aan 'n naam vir so 'n resepteboek begin dink. Sy hoor 
graag van die lesers. Mandie Coetzee se adres is: Posbus 32182, Fichardtpark 9317.   Dr. Matilda Smith is verbonde aan die departement 
Afrikaans aan Vista Universiteit in Bloemfontein.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6313.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1999 /// Streef na onafhanklikheid van politieke gees. (AV 6:3) 
/// Troukoors (AV 6:3) /// Afrikaans bring die Woord aan Kung-praters (AV 6:3) /// Brief uit Murraysburg (AV 6:3) /// Ode aan my 
leermeesteres (AV 6:3) /// Suksesse met onderwysprojekte (AV 6:3) /// Afrikaansdag treffer by Vista (AV 6:3) /// Nuwe woorde uit anderhalwe 
dekade (AV 6:3) /// Rekenaar help Afrikaansleerders (AV 6:3) /// 'Wat ek wil s, kan in Afrikaans ges word' (AV 6:3) /// 'n Omstrede 
veteraan bieg (AV 6:3) /// Vaardig met tong en hand (AV 6:3) /// Dit kook en prut in die taalpot (AV 6:3) /// Johan Combrink was 'n 
DOENmens (AV 6:3) /// Gevangene (AV 6:3) /// George doen ding vir Afrikaanse reklame (AV 6:3) /// Leeslus het losgekom -- Internet gee 
koopnuus (AV 6:3) /// Gee swaarkry van Oorlog nuwe sin (AV 6:3) /// 'O moedertaal ... jou het ek lief bo alles ...' (AV 6:3) /// Waardeer 
mekaar se verdienstes (AV 6:3) /// Kalklig-dief (AV 6:3) /// IiLwimi wil taalregte en veeltaligheid uitbou (AV 6:3) /// Wenners munt uit 
met raaks-Afrikaans (AV 6:3) /// Baksel in die winter (AV 6:3) ///

